〔電子〕Die Eindtydprofesie Van Jesus

Gerrie Malan

2015年5月24日

Gerrie Malan

0円(税込)

洋書

Die elektroniese en ander media het ‘n diepgaande impak gehad op die verspreiding van kennis deur die wêreld. Kennis van Bybelonderrig in verskeie formate het dieselfde impak beleef. Mens kan spesifiek die bybelse eindtye onderstreep in die lig van die vele hedendaagse boeke en films of DVD’s oor sulke onderwerpe, en die mens se natuurlike belangstelling daarin deur die eeue heen. Omdat Jesus van Nasaret op rekord is as God se primêre profeet, is dit onvermydelik dat Sy eindtydprofesie ‘n belangrike plek sal inneem in al die preke, leringe, boeke en multimedia wat ten opsigte van hierdie onderwerpe geskep is. Met hierdie boek het die skrywers weer gaan kyk na die eindtydprofesie van Jesus wat in Matteus 24, Markus 13 en Lukas 21 opgeteken staan. Hulle het daarop gefokus om elke gedeelte van die profesie te bestudeer binne die konteks waarteen die oorspronklike lesers of toehoorders dit sou verstaan het. Terselfdertyd het hulle daarop gefokus om ‘n relatief beknopte boek met die gemiddelde leser in gedagte te skryf, eerder as ‘n dik akademiese een. Die boek sal verseker ‘n gewilligheid stimuleer om bybelse waarheid te onderskei, veral in die lig van die baie pogings om die Bybel se betroubaarheid te bevraagteken. Die bevinding mag verrassend wees.

本棚に登録&レビュー

みんなの評価(0

--

読みたい

0

未読

0

読書中

0

既読

0

未指定

1

書店員レビュー(0)
書店員レビュー一覧

みんなのレビュー

レビューはありません

Google Play で手に入れよう
Google Play で手に入れよう
キーワードは1文字以上で検索してください